
Om eerlik die ware wêreld met stories weer te gee • Honestly reflecting a true world through storytelling
Choose Language
"Om ware, kreatiewe stories te vertel deur die hede te reflekteer in afwagting van die toekoms en met inagneming van die verlede."
Khaki Produksies
Khaki Produksies is ’n produksiemaatskappy wat spesialiseer in uitsaaiproduksies. Ons skep hoë gehalte, boeiende inhoud en werk saam met van die bedryf se bestes. Met ’n reputasie vir uitstaande storievertelling, tegniese uitnemendheid en visuele impak skep ons programme wat by kykers aanklank vind en blywende waarde vir uitsaaiers en borge bied.
Stigter Christelle Parrott en regisseur Wynand Dreyer se samewerking oor die afgelope 10 jaar is 'n suksesverhaal. Hulle het talle bekroonde televisiereekse en dokumentêre programme vervaardig en sodoende die grondslag gelê vir Khaki se reputasie. Gehalte, innovasie en treffende storievertelling dra by tot Khaki se sukses en groei binne die Suid-Afrikaanse uitsaaibedryf.
TOEKENNINGS
ATKV-Mediatoekennings:
Benoeming (2013)
Wenner – Dokumentêre Program (Petronella van Heerden, 2016)
Wenner – Nuus- en aktualiteitsprogram (MegaBoere III, 2017)
Wenner – Vermaakprogram (AMIRA, 2018)
Wenner – Nuus- en aktualiteitsprogram (MegaBoere IV, 2018)
SAFTAS:
Benoeming – Beste Kinematografie in ’n Dokumentêr (2019)
Benoeming – Beste Redigering van ’n Dokumentêr (2019)
Benoeming – Beste aktualiteitsprogram (ABSA MegaBoere VI, 2021)
PRODUKSIE HOOGTEPUNTE
MegaBoere (Landbouprogram; 7 reekse)
Formidabele Vroue (9 dokumentêre)
Pelgrims (Godsdiens-reeks; 13 episodes)
Thai Kitchen of the World (dokumentêr)
SKA Radio Telescope (dokumentêr)
AMIRA (dokumentêr)
Christiaan Barnard: Deurbraak (dokumentêr)
Formidabele Mense (10 dokumentêre)
Call me Miles (Dokumentêr)

