top of page
Dokumentêr in 2022

Onafhanklik

Versprei deur Indigenous Film Distribution

CALL ME MILES

52min

 

Genre:  Dokumentêre Drama

 

Marguerite Robinson en Deon Maree se kind was ‘n gelukkige klein dogtertjie. Sy was intelligent, nuuskierig, liefdevol en tevrede. Hulle was trotse ouers en Afrikaans Hoër Meisieskool in Pretoria sou hul kind se potensiaal die beste kon ontgin. Hoërskool het saamgeval met puberteit en Miles Robinson het homself al hoe meer ontuis in sy omgewing en ook in sy eie lyf gevoel. Die sorgvrye kind het verander in ‘n morbiede adolessent wat in selfverwerping homself met lemme geskend en telkens sy eie lewe probeer neem het.

Hy was ‘n seun in ‘n dogter se lyf en het homself gehaat. 

 

Call me Miles is die storie van ‘n middelklas Afrikaanse gesin met buitengewone uitdagings. Dis ‘n brutale verhaal van skok, stryd, verander en aanvaar. Dit vertel hoe gewone mense hul kind se trauma, pyn, depressie en selfhaat hanteer en daarmee saamleef. Die film kloof tot op die been.

 

Call me Miles ontgin die lewe van ‘n transgender indiwidu van babadae af tot by die operasie waar ‘n totale mastektomie die enigste uitweg geword het. 

Ons ontmoet sy vriende, ook sy beste kleuterskoolmaatjie wat later Brisbane toe ge-emigreer het. Hulle het as klein dogtertjies saamgespeel en Lawrence is, onbewus van Miles se omstandighede, ook deur ‘n gender-transisie. Hulle ontmoet 12 jaar later as jong transgender mans. 

​

REGISSEUR TEKS EN NAVORSING:  WYNAND DREYER

VERVAARDIGER KAMERA EN REDIGERING:  CHRISTELLE PARROTT

Pride Film Fest
Winner Overcome Film Festival
Chainsaw Festival Winner
Buiteperd
Kortfilm in 2018

Silwerskerm Kortfilm vir kykNET

BUITEPERD

22min

 

Genre:  Donker-komedie

Armand Zimmerman wil ‘n akteur word, maar hy is ‘n gebore verloorder en sy droom bly net ‘n droom.  Hy woon steeds by sy pa, Theuns en deesdae sit pa en seun by die huis en perde speel. Theuns sterf skielik, en brandarm.  Armand moet sonder ‘n sent op sy naam ‘n heldebegrafnis reël, of tevrede wees met ‘n armebegrafnis wat deur die staat betaal word.  Dit ontaard in ‘n dobbelwedren met tyd en Armand is die buiteperd.

​

SKRYWER:  TONY BYLEVELD

REGISSEUR:  ERIK HOLM

VERVAARDIGERS:  CHRISTELLE PARROTT EN WYNAND DREYER

Silwerskermfees
Buiteperd

HOOGTEPUNTE uit die ARGIEF

Die Beige Ford Cortina-album is vir 'n Ghoema Afrikaanse Musiektoekenning genomineer in die afdeling Kontemporêre album deur 'n vroulike kunstenaar.

'n YouTube Wenner!!
20 Julie was 'n B.F.C. affêre





"'n Beige Ford Cortina", die musiekvideo van Marlise Scheepers (SjefSnoekie) met Riaan Cruywagen en Mariëtta Kruger, het ons grootste verwagtinge oortref.  Toe ons laas gekyk het, het die YouTube musiekvideo al oor die 170000 kyke gehad!
Die hele produksie is binne 24 uur afgehandel en ons is MAL oor die eindproduk: 'n lawwe liedjie, tong in die kies en 'n lekker opstuur.

Regisseur - Wynand Dreyer

Kamera en redigering - Christelle Parrott

Vervaardig deur Khaki Produksies

'n Begrafnis om te Beleef
Kortfilm in 2013

Silwerskerm Kortfilm vir kykNET

DIE BELEEFNIS

26min

​

​

Genre:  Tragikomedie

 

Die Beleefnis is die verhaal van ‘n eiesinnige ou dame wat eens op ʼn dag die dorp op sy kop keer:  dié tannie kondig uit die bloute aan dat sy haar eie begrafnis wil hou!  Dan het sy nog die vermetelheid om dit as ‘n “viering van haar lewe” te bestempel.  “Eintlik nie ‘n begrafnis nie”, help sy verslae mense reg.  “Dit is meer soos ‘n be-leef-nis!”  Die dorpenaars het nog altyd aanvaar dat die begeesterde Magdaleen Botha (Woutrine Theron) ‘n ligte klap van die windmeul weg het, maar hierdie volksvreemde versoek vat dinge nou wragtig een maal te vêr.  Magdaleen is egter nie die tipe wat haar van stryk laat bring nie.  En nie haar moeilike seun, Simon (André Odendaal), Dominee Stanley (Chris van Niekerk) of selfs Stoffel die begrafnisondernemer (Erno van Dyk) gaan haar van haar groot dag weerhou nie.  Hoe sal hulle kan?  Hulle het immers geen idee van die desperate hoop wat agter Magdaleen se ‘beleefnis’ skuil nie...

bottom of page