top of page

NUUSflitse:

IN ONTWIKKELING:

IN PRODUKSIE:

IN POST-PRODUKSIE:

UITGESAAI:

Aktualiteitsreeks:  "Weer Debra, van Alles en nog Wat", kykNET

Aktualiteitsreeks:  "Weer Debra, van Alles en nog Wat", kykNET

Dokumentêr:  "Formidabele Vroue" - Annekie Theron en Cissy Gool, kykNET

Kortfilm:  "Die Beleefnis", kykNET Silwerskerm

Documentary:  "Thai Kitchen of the World", CNBCAfrica

'n Begrafnis om te Beleef
HOOGTEPUNTE in 2013

 

Silwerskerm Kortfilm vir kykNET

DIE BELEEFNIS

26min

 

EPK - Donderdag, 3 Oktober om 21:00 DSTV kanaal 144

KORTFILM - Donderdag, 24 Oktober om 21:00 DSTV kanaal 144

 

Genre:  Tragikomedie

Die Beleefnis is die verhaal van ‘n eiesinnige ou dame wat eens op ʼn dag die dorp op sy kop keer:  dié tannie kondig uit die bloute aan dat sy haar eie begrafnis wil hou!  Dan het sy nog die vermetelheid om dit as ‘n “viering van haar lewe” te bestempel.  “Eintlik nie ‘n begrafnis nie”, help sy verslae mense reg.  “Dit is meer soos ‘n be-leef-nis!”  Die dorpenaars het nog altyd aanvaar dat die begeesterde Magdaleen Botha (Woutrine Theron) ‘n ligte klap van die windmeul weg het, maar hierdie volksvreemde versoek vat dinge nou wragtig een maal te vêr.  Magdaleen is egter nie die tipe wat haar van stryk laat bring nie.  En nie haar moeilike seun, Simon (André Odendaal), Dominee Stanley (Chris van Niekerk) of selfs Stoffel die begrafnisondernemer (Erno van Dyk) gaan haar van haar groot dag weerhou nie.  Hoe sal hulle kan?  Hulle het immers geen idee van die desperate hoop wat agter Magdaleen se ‘beleefnis’ skuil nie...

 

Met bekende gesigte soos dié van André Odendaal, Dorette Nel, Chris van Niekerk, Francois Coertze en Erno van Dyk is Die Beleefnis 'n kragtoer van ervare Afrikaanse akteurtalent.  Daarby maak Woutrine Theron (Nommer Asseblief) ‘n opwindende terugkeer na die silwerdoek met ʼn kleurvolle en sensitiewe uitbeelding van Magdaleen Botha – 'n veelsydige karakter in 'n veelsydige verhaal wat byna net so veel trane as giggels sal uitlok.

bottom of page