Om eerlik die ware wêreld met stories weer te gee • Honestly reflecting a true world through storytelling
Choose Language
Die Boek
DIE MEGABOERE
Megaboer s.nw. 1 Visionêre individu 2 idealis 3 entrepreneur 4 non-konformis
Inisiatief, Kreatiwiteit en Ondernemingsgees.
Dit is die eienskappe wat Suid-Afrika se grootste boere, suksesvol maak. Hulle is die MegaBoere.
MEGABOERE deur Wynand Dreyer bied nie net interessante profiele oor gevestigde en opkomende boere met uitsonderlike ondernemingsgees nie; hy probeer die suksesresep ontrafel wat hedendaagse boere in staat stel om die aarde op volhoubare wyse te benut.
MEGABOERE is aanlyn beskikbaar en by boekwinkels landwyd.
MegaBoere is ‘n landboubesigheidsprogram met ‘n persoonlike aanslag. Die aanbieder stel in elk van die dertien episodes een van die grootste boere in die land aan die kyker voor en vind eerstehands uit wat hulle suksesvol maak. Die reeks ondersoek die grootste landbou-uitdagings en hoor watter oplossings die land se superboere daarvoor bied.
Vandag se boere moet kundiges wees in verskeie velde en kwessies wat aangeraak word wissel van persoonlike leiersvaardighede tot by grondhervorming, watersake, nuwe tegnologie, voedselsekerheid, SEB, die omgewing en uitvoere – alles sake wat kosvoorsiening in die land raak. Hierdie sakelui is lief vir die grond en het daarin geslaag om hulleself internasionaal te vestig.
Die Boere verteenwoordig verskillende landbousektore van regoor Suid-Afrika. MegaBoere stel die glanspersoonlikhede van Suid-Afrikaanse landbou aan die kyker voor.
Die sesde seisoen van Absa MegaBoere is vanaf Oktober tot Desember 2020 op KykNET uitgesaai.