
Om eerlik die ware wêreld met stories weer te gee • Honestly reflecting a true world through storytelling
Choose Language
NUUTin2025:
In Afrika is “om te boer” ‘n diepgewortelde liefde vir die grond; ‘n oortuiging dat kosvoorsiening ‘n plig is. Plig ’n plesier en struikelblokke, uitdagings. Megaboere besoek in die sewende seisoen 13 plase en sien eerstehands hoe boere aanhou en kophou, want om hier te boer verg ‘n spesiale soort toewyding.

Marco Botha

DIE MEGABOERE
Megaboer s.nw. 1. visionêre individu 2. idealis 3. entrepreneur
4. non-konformis
Inisiatief, Kreatiwiteit en Ondernemingsgees.
Dit is die eienskappe wat Suid-Afrika se grootste boere, suksesvol maak.
MegaBoere is ‘n landboubesigheidsprogram met ‘n persoonlike aanslag. Die aanbieder stel in elk van die dertien episodes een van die grootste boere in die land aan die kyker voor en vind eerstehands uit wat hulle suksesvol maak. Die reeks ondersoek die grootste landbou-uitdagings en hoor watter oplossings die land se superboere daarvoor bied.
Vandag se boere moet kundiges wees in verskeie velde en kwessies wat aangeraak word wissel van persoonlike leiersvaardighede tot by grondhervorming, watersake, nuwe tegnologie, voedselsekerheid, SEB, die omgewing en uitvoere – alles sake wat kosvoorsiening in die land raak. Hierdie sakelui is lief vir die grond en het daarin geslaag om hulleself internasionaal te vestig.
Die boere verteenwoordig verskillende landbousektore van regoor Suid-Afrika. MegaBoere stel die glanspersoonlikhede van Suid-Afrikaanse landbou aan die kyker voor.
Die sewende seisoen van Santam MegaBoere is vanaf Oktober tot Januarie 2026 op KykNET uitgesaai.
.jpg)
.jpg)
.jpg)

.jpg)
.jpg)


