top of page

NUUSflitse:

'n KHAKI-Nuutskepping

Die storie agter die "Hommeltuig"

IN ONTWIKKELING:

 

IN PRODUKSIE:

​​

UITGESAAI:

Verskeie Projekte

​

MegaBoere S7, KykNET

​​​​

Call Me Miles, Onafhanklike Doumentêr

Pelgrims S1, KykNET

Megaboere S6, KykNET

NUUTin2025:

 

In Afrika is “om te boer” ‘n diepgewortelde liefde vir die grond; ‘n oortuiging dat kosvoorsiening ‘n plig is. Plig ’n plesier en struikelblokke, uitdagings. Megaboere besoek in die sewende seisoen 13 plase en sien eerstehands hoe boere aanhou en kophou, want om hier te boer verg ‘n spesiale soort toewyding.
 

Megaboere S7 Endboard.jpg

Die Boek

MEGABOERE deur Wynand Dreyer bied nie net interessante profiele oor gevestigde en opkomende boere met uitsonderlike ondernemingsgees nie; hy probeer die suksesresep ontrafel wat hedendaagse boere in staat stel om die aarde op volhoubare wyse te benut.

MEGABOERE is aanlyn beskikbaar en by boekwinkels landwyd.

DIE MEGABOERE

 

Megaboer s.nw. 1 Visionêre individu 2 idealis 3 entrepreneur 4 non-konformis

 

Inisiatief, Kreatiwiteit en Ondernemingsgees.

 

Dit is die eienskappe wat Suid-Afrika se grootste boere, suksesvol maak.  Hulle is die MegaBoere.

MegaBoere is ‘n landboubesigheidsprogram met ‘n persoonlike aanslag.  Die aanbieder stel in elk van die dertien episodes een van die grootste boere in die land aan die kyker voor en vind eerstehands uit wat hulle suksesvol maak.  Die reeks ondersoek die grootste landbou-uitdagings en hoor watter oplossings die land se superboere daarvoor bied.

Vandag se boere moet kundiges wees in verskeie velde en kwessies wat aangeraak word wissel van persoonlike leiersvaardighede tot by grondhervorming, watersake, nuwe tegnologie, voedselsekerheid, SEB, die omgewing en uitvoere – alles sake wat kosvoorsiening in die land raak.  Hierdie sakelui is lief vir die grond en het daarin geslaag om hulleself internasionaal te vestig.

 

Die Boere verteenwoordig verskillende landbousektore van regoor Suid-Afrika.

MegaBoere stel die glanspersoonlikhede van Suid-Afrikaanse landbou aan die kyker voor.

Die sewende seisoen van Santam MegaBoere word vanaf Oktober tot Desember 2025 op KykNET uitgesaai.

Megaboere S7 Endboard.jpg

© 2024 by Khaki Productions. All rights reserved

  • facebook
bottom of page